
poëet
op sy duin is daar min te poëtiseer
om dinge mooier voor te stel as wat dit is
wanneer sy siel sweef oor golwe en strande
sien hy alles soos dit is, nie soos dit kan wees
sonder veel poëtiek of suiwer poëtika
beland hy dalk onder pruldigters
deel van poëtasters klieke
sy poësie bly maar
sagkens gestel
die van ‘n
straat-digter
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.