vir
Gedigte
teïsme vs deïsme
dig ek vir my ‘n beeld
‘n beeld soos ‘n goue kalf
soos ek alleen my god wil sien
verloën ek daarmee God se krag
waarmee Hy brakwater in soetwater
selfs water in wyn verander het
eien ek myself die reg toe
aan Hom toe te dig, dit wat ek wil
Hy moet wees om my eie god te wees
vertrou ek op my eie gedagtes en werke
sodat ek Hom nie meer die liefde gun
wat Hom alleen toekom nie
wat verkondig ek in my woorde
verstaan my leser dit as teïsme of deïsme
of word God nou my god wat alles doen
wat ek van hom vereis – en vertel ek
dit aan almal: hy doen wat ek sê
dan is ek dalk in wese ‘n ateĩs
wat sê die Woord van God
sonder stertjies of verklarings
uit my mond – of romantisering
of skimdrome van my eie ek se krag
dink aan die regte Woord van God
voor jy in jou eie ek verdrink
©Teárlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.