Misvatvingers (Goud)
deur sy misvatvingers
het die skryfsels deurgeval
soos skimme se gesigte
in gelid in jaar
in gelid in tal
vanuit sy meesterskap-konkoksies
loeiend teen die bloedsondal
wapper daar ‘n halfmas vlag
oor die onskulddood van iemand
deur sy skroeipen neergevel
hy is stuwend
hy is wind
hy bid hom aan
soos skynwit lint
en op die adem van sy spraak
plant hy ‘n dood
op griffelkind
tot op die ashoop van blazé
het sy bloedspoor hom gelei
sy uitings lê verstrooi
soos rommel rondgegooi
en met ‘n skyn van jammerkry
betjank ‘n hond
sy medely
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2024 - OOP projek