Jongste aktiwiteit:

Uit die duisternis …

gesweef
oor waters in chaos toegevou
oerknal
die stem van God
ontsluit
wanorde, woestheid, leegheid
orden
die wentelbane van Sy alomteenwoordigheid
plot
die koördinate
van Sy almag
vestig
Sy heiligheid
toonset
in die oneindige meetsnoere
van Sy genade oerknal
die stem van God
L

E

W

E
©Pieter Mostert [Silwer]




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed