Jongste aktiwiteit:

Kgalagadi-haka

konflik stof die dorre amfiteater
van die Auobrivier
binne die ikoon van die son
aksie-wolkie die arena
vaal-witbruin stof
spookasem die wind

Blouwildebeeste haka
die stilte van die middag
soos rugbyvoorspelers in ‘n skrum
koppe stamp horings swaai gevaarlik
skowwe skuur-snork pote plof-plof
die swakste blaas die aftog
oorwinnaar kreet
die Kgalagadi-haka
——-ooo000ooo——-
(©Pieter Mostert)




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed