Dit is tyd vir omdraai
Dit is tyd vir omdraai… Eers het ek onskuldig my hart vir jou gegee. Jou woord in my vertroue geneem dat jy my nooit ’n gelukkige lewe sal ontneem. Ek was jou alles en skielik toe te min. Ander het jy verkies in donker plekke. Ek moes wag in die lig vir jou […]
Moenie omdraai nie
Moenie omdraai nie Koud en donker voel die gang. Spinnerakke van lank gelede sien ek orals hang. Mooi gesigte van eens het verander in geraamtes. Dit maak my bang. Daar was drake in gister, dit het my hart kom vang. Dit wat mooi was, het my met woorde van vuur bespoeg. Slange het om my […]
atipiese gewaarwording
na dae se prikkels van klanke, gesigte bewegende dele wat flits indrukke wat gevorm word voor en nadele opgesomde idees goed- en slegte – weldeurdagte nadenke kry ek nou die blywende indruk dat nie alle werkers goed geskool is nie in plaas van een toesighouer is daar meervoudige “items” wat rondstaan beveel, en […]
digtheid
in digte mis word jy geplant om die verskil te maak tussen verdigsel en digtheid verskil tussen goud en plastiek se hoë en lae digtheid bevolkingsdigtheid fabels oor wysheid wat uit digskedels tevoorskyn kom wat prikkelbaar onaanpasbaar afwyk van enige egte wysheid van verstand © Tearlach.
Lekker verjaar ou maat
Lekker verjaar, ou maat! Vandag is jy ’n stappie nader aan die dag van brille en pille. ’n Dag nader waar ’n kierie jou moet lei, of jou stoel dalk wiele by sou kry. Tog, voor jy daar mag kom, moet jy maar eers soos al die wyses die leer klim. […]
Stilte van ñ vreemde
Stilte van ’n vreemde Donker swartgrys wolke hang om jou kop. Jou oë donker, sonder gevoel. Harte maak oop, hulle nooi jou in. ’n Gevoel tussen verwaand en arrogant stap saam met jou in, soos die reuk van skerp parfuum. Hande steek uit om jou te verwelkom, maar jy klap dit weg. […]
Die stasie waar omgee stop
Die stasie waar omgee stop Die roete is lank na vertroue, maar eers moet die trein by stasie Eerlikheid gaan stop. Die trein moet vertoef, daar naby die draai van Herkenning. Die kondukteur neem kaartjies in, maar baie probeer inglip sonder om die prys te wil betaal. Mooi broodjies is gebak, reg […]
Villa Octavia
Villa Octavia Brons Ek was nog altyd een vir vaste grond onder my voete, vir rondkrap in die tuin en vir oor-die-muur kuiertjies met die buurman. Daardie om-die-blok wandeling met my hondekinders en die jaarlikse bring-en-braai straatbraai. Om nie eers te praat van die braai in my eie lapa nie. Maar dit het skielik, feitlik […]
mega en mikro
soms is jy die magtige weskus-see die mega-mens van branders en sout met ‘n stem wat die stilte breek soos golwe teen rots jou drome is wyd, ongetem en uitermate groot soos die suidwesterwind wat die duine verskuif ’n reus wat die lewe heeltyd wil uitdaag en in jou ontembare, lewenskragtige loop is […]
Wanneer die hemel seën
Wanneer die Hemel seën Geel gras breek onder my voete, die damme leeg, diere smeek. Ek hoor die gebed van oom Habakuk — die kampe, die wingerde. Hitte bou op, bome hang, selfs die blomme hier en daar se koppe hang. Donker wolke kom hang oor my. Asseblief, Here, gaan ons […]