Jongste aktiwiteit:

DAAI DROPHÊNDELS

[Na aanleiding van ‘n vertelling oor fietse en ander rytuie deur Hennie Fritz, het die volgende staaltjie uit my herinnering boontoe geskiet.]

Daai ding met die drophêndelsfietse!

Die ander naam vir drop, hondebloed, kom daarvan want dit proe regtig na bloed — in hierdie geval, neusbloed.

Jy sal weet wat ek meen, as jy al met twaalf op die ou Noord-Rif-Pad daar agter Boksburg êrens met so vier, vyf vriende agter aan ‘n lorrie vasgehou het. Alle ander seuns het normale stuurstang, maar jy het ‘n nuwe fiets, ‘n renfiets met drophandles. Met twee vingers en die duim van die linkerhand in die middel van die stuurstang (probeer) vashou en die regterhand soek houvas op die lorrie.

Nou moet daar net ‘n ongelykheid(-jie) in die pad se oppervlakte kom. En jy skiet in ‘n hoë boog in die lug, met bollemakiesie. So in die omdraai, merk jy, ‘n ander lorrie kom eers tien jaarts agterna…

Dan ontwikkel jy kragte, Boet: Jy land soos ‘n sirkus artiste, rol om en oor, pak die fiets wat agternagevlieg kom, gooi hom tweehandig oor die sloot en spring, alles in een beweging, tweebenig… IN die sloot. En jou neus teen ‘n boomwortel.

Dat die lorrie eers honderd jaarts later verbykom, beskou jy maar as genade.

Tja, drop, hondebloed, neusbloed… In díe geval sou ek sê, aap se bloed.

Wat Toompie nie leer, sal Toom nie kan nie.

2016…………………………………………………c];o)…………………………………………………tje




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed