‘n nes
Langs ‘n lang reguit pad wat anderkant die rand verdwyn
staan ‘n telefoon paal
Stokkerig, regop
hout verweer
met die plooie van ‘n eeu.
Op ‘n telegoon paal
‘n grasdak geweef
fyn, kunstig elke grassie in gevleg
Op ‘n telefoon paal
‘n duisend of twee
môre buurman
middag mevrou
honderd kleintjies tjierts onophou
Op ‘n telefoon paal langs die lang pad
ver van alles
‘n huisie vreedsaam vir almal
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Oulik. Daar is baie dinge in ons omgewing waaroor ons kan skryf :-)