Jongste aktiwiteit:

~ So kom ons om, so kom ons om ~

bamboeswalms soutloop deur vleuels
en laagmis sleep hanggat vooruit,
betrokkenheid van ‘n vissersdorp se spuug
voor wêreldse pretensies, ghwel teen randsteen en teer –
vis en tjips papiere hang soos vuil gedagtes
teen platgetrapte drade;

arm kinders pie in die see
en skree oopbek vir daddy om die hondsdol hond te keer
wat knaag aan die gesin se binnekring,
die pastoor soek sy kudde maar kerkdeure hang
aan geroeste skarniere,
die gemeente hou nagmaal op die strand
tussen warm askoek en koue biere;

tussen bokkoms en madeliefies
wat songeel vrot teen weskus mure
loop die uurglas stadiger as elders

hier veg ek vir myselwers –
‘n eiland wat gewigloos dopper in tyd
teen alledaagse sleur en verganklikheid.

© Almarie Truter




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed