Alles vir jou
Die windjie sing, ” Die Winter kom! Die Winter kom!”
Al swaaiend, swaaiend jaagbaljaar dit stout
En bring ‘n vroeë boodskap van die winter koud
Alles wat ek sonder antwoord sê
Wat so diep in my gedagtes lê
Mag die silwere maan
Wat die liefde verstaan,
Met sy sysagte glans
Op jou strale laat dans
Was ek die silwer maneskyn
Was ek ‘n fles vol dieprooi wyn
Het ek ‘n kelkie volgeskink
‘n Kelkie wyn met jou geklink
Koor:
Die windjie sing, ” Die Winter kom! Die Winter kom!”
Al swaaiend, swaaiend jaagbaljaar dit stout
En bring ‘n vroeë boodskap van die winter koud
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.