
‘n Porsie liefde
Blink is die naald
in die lig van die kers
waarmee ek brei
aan ‘n verlange kombers
En wanneer die maan verdwyn
en die donker om my terg
fladderhang rooi kolle
in die maan se skyn
‘n Porsie liefde
en ‘n skeppie met lag
dit is die droom
waarop ons almal wag
Want blink is die naald
in die lig van die kers
waarmee ek brei
aan ‘n verlange kombers
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.