Ons liefde
ons is verlede
toekoms ineen
ons so saam
vir mekaar geleen
jy kleef aan my
ek is deel van jou
ons het mekaar nodig
soos plante die reën
onvergeetlik mooi ons liefde
deur die jare geseën.
saam geblom
oud geword…
rimpels van tyd
maak woorde oorbodig
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.