Ambissie
Ek het ambissie gehad
te veel daarvan
getrap oor wat
in my pad sou staan
Op paaie gegaan
waar niemand wou
die skerp kant van die lem
teen my keel gehou
Soos die dag van die nag
verby jou geleef
op sukses se vlerke
moes ek sweef
Voor ek die slaap
uit my oë kon vee
was die kinders groot
ons harte leeg.
Julle het opgehou vra
ons het opgehou praat
julle was hier
ekke daar
Te veel ambissie
té veel trots
het my dié wat ek liefhet
die meeste gekos!
Gelukkig ons bande
in liefde gesmee
julle het my nog altyd
soveel meer gegee.
Vandag is ek hier
waar ek die graagste wil wees
ń huis vol vreugde
en dié wat ek liefhet
reg onder my neus.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Elroux
Lieflike gedig oor die belangrikste dinge in die lewe.