Bitter beker
Here my Here ek geknakte riet
het al my kosbare skat
aan die barre grond verpand
die swart note gespeel
ek het die woestyn se dros voel brand
my dag was nag
ek is uitgegiet op droë sand
geknak
geslyp
verskeur
beproef
deur vuur verteer
ek het mos al hier gestaan
in die dal van doodskaduwee
daarom pleit ek Heer
laat hierdie bitter beker verbygaan
Nogtans Heer
U wil geskied
ek gee oor en weet
uit wanhoop spruit hoop voort
my kind sal lewe
al is hy dood
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Dis baie 'n baie seer gedig, Elroux. Baie goed verwoord. Welgedaan :-)