Verby verlange se sig
My arms die wind
my voete die blare
tussen my en die windpomp
waai die wolke heen en weer
Teen die bloekomboom se stamstut
sit die eens beminde hart
‘n droom, hoop, en wens
wat stil verdwyn
Jy brand saam die son se rooi
jy haat die lewe se mooi
jy is in die nag se gloei
jy is die hart wat bloei
Ek is die storie se akkoorde
wat wag vir jou hart se woorde
my arms vou sag om jou
my voete sweef weg van nou
4 Kommentare
-
-

Elroux
Pragtig Palet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Baie mooi hierdie een van jou, Palet. Goed gedoen!