Wenteltrap
te lank in die donker gewees
alleen met my hartseer en vrees
te lank in die donker gedwaal
wag dat iemand my kom haal
vasgevang deur die bang
van ‘n donker gang
wenteltrap stap vir stap
wil nie meer, kan nie keer,
al die pyn al die seer.
hoop en wanhoop bly in my,
twyfel laat my telkens gly
spinnerakke van verwyt
vasgevang in ewigheid
deur donkerte breek ‘n splintertjie lig
huiwerig op my gerig
gryp dit met my alles aan,
van wenteltrap na wentelbaan
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.