Jongste aktiwiteit:

Maanlignag

Ons het gedans, ek en jy.
Op die maat van maanlig
by die suiderkruis verby.

Ons het gesing, ek en jy.
Pianissimo, fortissimo;
con amor, fantasia; cuivré.

Ons het gewag, ek en jy.
Dorstend, soos son,
soekend, die maan gekry.

Ons het gesweef, ek en jy
Deur sterkoor en horison,
by Venus verby.

Ons het verken, ek in jy.
Vuurrooi asems, supernovas,
ek vir jou en jy vir my.

Ons was die storm, ek en jy
Flitsend en kragtig,
‘n verrassende storielyn.

Ons het gegroet, ek en jy.
Gaan wag in die melkweg,
tot die nuwe maan ons kry.

*pianissimo – musiekterm; beteken “baie sag”
*fortissimo – musiekterm; beteken “baie hard”
*con amore – musiekterm; beteken “teer, met liefde”
*fantasia – musiekterm; beteken “geanker in die beginsels van kreatiwiteit en innovase sonder vaste vorm”
*cuivre – musiekterm; beteken “kragtig luidrugtig en direk”




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed