
Kom saam
Ek wil jou saamvat na waar ek nog gedroom het
toe my asem nog jonk was en die wêreld oud.
Ek wil jou wys waar my hart so geklop het onder
die weskus se helderblink goud.
Ek wil jou saamvat, na daar waar ek vry was,
Na daar waar geluk was, ek in Eden se tuin was.
Ek wil jou saamvat na voor alles grys was
toe alles nog skoon was,en almal nog bly was.
Ek wil jou saamvat, want tyd hou nie op nie en
maanskyn bly skitter en ons kan nog droom.
Die vuur brand net groter, groter as jonkwees,
ons asems net ouer as ons asems vervroom.
* vervroom – van vroeër
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.