Oggendstond
die son breek
soos ‘n rooi papawer
oor die kim
terwyl die wind
met sy rietjiesasem
oor boomtoppe fluit en
onder die Wildesering
buig die roosknop
eerbiedig
soos ‘n bruid
onder die kir-sang
van die tortelduif
© Anzé Bezuidenhout
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
'n Pragtige bydrae met ewe eens 'n pragtge foto!