Winterstuin
Word ek in jou groen
luister-bank geplant,
wyl jou freud-vingers
vroetel aan my kinderwortels.
Ontwortel jy sorgvuldig en analities
die onkruid en snoei jy my
gedagtes tot naak. Staan ek
al een; reg om te groei.
Met rype refleksie in die
poel van my onderbewussyn
is my voorgee-vergeet-woorde besig om te verkluim
binne-in my winterstuin.
3 Kommentare
-

Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus - As die seisoene draai projek
-

Palet
Hou hiervan, mooi
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Okatopi
Besonders