As ek maar kon
As ek maar kon…
Wanneer snags
dwarrelwoorde
soos vals akkoorde
rondmaal in my kop
in ‘n rondomtaliedans
om bevryding smag
ek die grootsheid
van die heelal wil besing
hulde aan die engele wil bring
in my digterlike onvermoë
om reg te laat geskied
aan die suiwer vers
wens ek dat ek Apollo was
om met harp en siter
‘n simfonie soos ‘n lourierkrans
voor jou voete neer te lê
as ek maar die Pottebakker was
sou ek met klei uit heilige grond
‘n perfekte kruik vir jou kon skep
maar in my onmag
sit ek telkens
weer met ‘n gebreekte pot
‘n valse simfonie
– en speel ek maar my ou ramkietjie
met net die een snaar
in die maanskyn
deurmekaar
(Dank/Erkenning aan C. Louis Leipoldt vir grepe/aanhalings/metafore uit sy gedig – OP my ou ramkietjie)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2017 – Oop projek