Jongste aktiwiteit:

Woordspatsels: Tweeling/Kersboom

So vertrek hulle vanuit die ooste, net die twee van hulle. Deesdae tydens diѐ tyd is families verdeeldelik verspreid soos sterre in die hemelruim. Nietemin gaan hul ook op reis vir ‘n paar dae. Wildernis toe (gepas vir die ongetemde wesens). Hulle word geherberg in luuksheid knus langs die meer. Die oornagtassies word uitgepak voor ete en sowaar, daar haal sy dit uit, kompleet met flikkerende liggies en blinkers en al. Daardie stille nag sit die tweeiling voor ‘n uitgepakte kersboom, elk met ‘n fortuinkoekie. En hul weet, wat ookal die toekoms inhou, twee is altyd meer as net genoeg




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed