Sou ek
Sou my gedagtes in afsondering treur
soet metgesel van my teenwoordigheid geskeur
wit-blomme, Jasmyn en breëblaar- Mirt
embleme van onskuld en liefde
hoe pragtige was ons geure
melodieë, voetloos en wild
soos voëls van die paradys
hoe mooi, my geliefde
jou liggaam van graniet
verslaan my oë soos slagordes met vaandels
jou lippe is die rooiwyn geskink uit bokkesakke
jou wenkbroue ‘n boogskutter se gespande boog
jou blik die pyle wat daaruit skiet
eteriese nagtegaal, galant jou sang
jou hart ‘n ryke melodie
©Marike Erasmus
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.