Laaste dans
Laaste dans
dans met my ‘n vreugdesdans
soos kinders in die son
soos motte om ‘n kerslig draai
vreesloos om en om
dans met my ‘n liefdesdans
met hartstog in ons are
‘n sensuele dans in spaans
passievol en vurig
dans met my die Muse se lied
op maat van fluit en lier
te inspireer en aan te spoor
‘n ode aan mekaar
dans met my ‘n lewensdans
die baie ou verhaal
ons belofte aan mekaar te vier
kom dans met my ‘n laaste maal
©Estelle Rubow
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2018 - Liefdes projek