KOPERDUIF
Koperduif
In die rooiborsduif se kleure
stuur ek vir jou ‘n groet
sierskrif aan ‘n purper hemel
in lila, roos en goud
Met die lagduif se weemoedsang
sing ek vir jou ‘n lied
‘n lied van liefde en van leed
van hoe ek na jou verlang
Ek stuur vir jou ‘n boodskap lief
in ryk kaneelgeur kleur
van hoop en moed en baie durf
en oor en weer probeer
My diepste wens stuur ek vir jou
met die koperduif se vlug
dat ons wense waar sal word
soos son op die koperduif se rug
Estelle Rubow
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2018 - Liefdes projek