Wie is oordeel?
Wie is ek
of wie is jy
om ander te stenig
met ons dwaasheid,
om hul te vertrap
terwyl hul lê?
Jy sien net wat jy wil sien
en jou oordeel
is jou nie beskore nie,
maar nogtans
is jou tong vlymskerp
en braak jy gal
uit oor ander –
Wie is ek
of wie is jy?
Elkeen het ñ pad
om te stap,
elkeen anders,
soveel besluite,
almal uniek geskape.
So wie is jy
en wie is ek?
Om te oordeel
as die oordeel oor onsself
verstom staan in trots
en jy jouself stenig –
Waar lê jou oordeel
wanneer jy jou oë sluit vanaand?
Chantelle Holder
© 2015
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.