EK IS BANG
EK IS BANG
Ek is bang
vir die pikdonkernag
vreesbevange
hardloop ek in die gang
my hart klop vinnig
wie daar buite vir my wag
vir die groen monster
wat in die donker skuil
angsbevange
loer ek daar buite
ek wil sommer huil
vir die groen monster
met sy bloedrooi oë
kyk hy reg in my oë
en ek skreeu
my kop hare ruis
hoor ek al die geluide
in die donker nag
geritsel in die lang gras
grom grom grom
kom die groen monster
om my te kom vang
@Eleen van Deventer Vorster
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.