Wie is ek, en waarom skryf ek?
Wie is ek, en waarom skryf ek?
Jy vra wie is ek; ken ek dan myself?
my oë hang aan die spieël se wag
en sien deurgetrapte spore van tyd
wat skimmel wit oor onnodige verwyt
en nes in die holtes van my lag
Jy vra wie is ek…
ek sien my kyk is stil, my kyk is sag…
maar my hart hang nog aan bokkoms
om te winddroog met al die hoekoms
wat fraiing hang in die son se klag
Jy vra hoekom skryf ek…
want my siel hang nog aan die perdeskoen maan
en kuier tussen die môrestond en voëlgesang
al lek hy nog aan gister se verlang
en bleik in ‘n stowwerige raam
Jy vra hoekom skryf ek…
want woorde ruis soos ‘n namiddag storm
ontketen sy vloei deur verkalkte are
en skaars sigbaar tussen al die skare
maar tog in blom in sy digters vorm
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.