Aasvoël is die lewe
Aasvoël is die lewe
Nog ‘n groet… splinter blink in sy laaste sonlig,
nog ‘n siel, verlaat sy identiteit uit die hede
en maak hom tuis tussen die niks
op sy eensame vlug.
Nou kruip swart winter nader…
en koggelhop hier agter my,
fladder sy vlerke wild
teen my hart se skild
en lag sinies hier teen my kop.
Sit smart en wag soos aasvoël op ‘n tak
wyl dood se voorbode “hoe-hoe” op die dak
Wag hy in die wind,
tot my hart tril in die labirint
van pyn
en
skyn
wonder…
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.