Jongste aktiwiteit:

Jesus ons Heer

Jesus ons Heer

Waar die son warm oor die aarde gluur
waar klip en kruis uit die aardkors rys
waar bloedvlekke op die kaal grond lê
daar het God sy liefde aan die mens bewys

Twee vol dae in die doderyk
maar die Dood kon Hom nie keer
met sonsopkoms die derde dag
toe triomfeer ons Heer

Juig mensdom juig oor onse Heer
Sy almag ken geen perke
Juig mensdom juig oor ons Heer
prys Sy verlossingswerke

Die dissipels kon nie die vroue glo
wat hul die blye boodskap bring:
“Ons Messias het uit die graf opgestaan”
word vertel aan hulle in die binnekring

Thomas is die laaste dissipel
wat sy knieë voor Jesus buig
“U is My Here en my God”
is hoe hy oor die verrese Jesus getuig

Juig mensdom juig oor onse Heer
Sy almag ken geen perke
Juig mensdom juig oor ons Heer
prys Sy verlossingswerke

Die beker en die brood leer ons
die prys vir ons sonde is betaal
en eendag op die wolke
kom Hy Sy kinders haal

Juig mensdom juig oor onse Heer
Sy almag ken geen perke
Juig mensdom juig oor ons Heer
prys Sy verlossingswerke

Hy is Jesus, ons Lam, ons Koning en ons Heer!

© Stephan Uys 2018/03/22




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed