Stil is jou groet
’n Woord tussen jou en my,
’n gedagte op ’n blaadjie is jy,
te kort ’n gedeelde vriendskap,
te gou jou stille slaap.
Lewe en dood wat ons nou skei,
te min ure gewei,
wou nog deel in jou mens wees,
nou deel ons in die gees.
Ek voel nog jou seer,
in jou oë vol verweer,
dwaal gedagtes van bestaan
nou ’n liggaam wat vergaan.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.