Jongste aktiwiteit:

Vergete – ons helde tussen ons

Is jul dan tog net afbeeldings van graniet
van vervloë dae se oorwinning en verdriet –
weet ons kinders se kinders van jul gisters
of was jul lewe gegee, pure verniet?

Skuil ons helde net tussen vergeelde blaaie
van ou geskiedenis boeke in vergete laaie
of het ons al tyd geneem om te dink
of versuip ons met ons daaglikse draaie.

Gaan staan vir ‘n oomblik stil…

Kyk dieper as die gewone kyk
en sien, ja sien hoe jou medemens lyk –
daar stap helde en heldinne tussen ons,
wat onwetend na hul medemens reik.

‘n Sekonde van deernis gegee,
‘n sagte stem wat oor hartseer tree…
of net ‘n helpende hand
in stilte verleen.

Niks is vanselfsprekend…

Innerlike sterkte skuil by elke mens,
maar te veel is vasgevang agter ‘n grens
van wanhoop en vergeet hul doel
in die lewe en verloor hul wens.

Ons sien nie meer ons helde tussen ons…

Ons het vergeet om op te staan en weer
te probeer…versonke in ons eie seer,
vergeet om te sien en te luister…
om soos ‘n kind sy held te vereer.

Stof af jou gewete my vriend…

Wees ‘n held in jou kind se oë,
staan bietjie stil by ‘n ou geboë
hoof… reik uit met ‘n sagte hand,
ja sonder graniet of eie verdriet
word jy ‘n legende in jou eie gebied.




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed