Jongste aktiwiteit:

‘n Slagveld

Jou siel ‘n barre slagveld…
‘n weeklaag van ‘n gewonde,
wat eensaam lê en roep –
oor ‘n aarde van geweld.

Sy wonde menigvuldig,
sy pyn en smart lê en bloei,
die verbande is deurweek,
en niemand is hom verskuldig.

Hy weet die duister is daar…
en hy kan daar niks aan doen
hy’s alleen – ‘n eensame siel,
wat na die hemelruim staar.




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed