EK KYK IN DIE GLAS
EK KYK IN DIE GLAS
ek kyk in die glas
verstommend en verras
vasgevang in my eie glaskas
vee ek die wasem af oor die glas
ek sien my eie gebroke siel
my gesig weerspieel in my spieel
die harde lewe dwing mens om tekniel
al soekend na my verlore siel
skokkend is my groot refleksie
want ons is niemand eers perfek nie
emosies laat ons na hoogtes strewe
na ń volmaakte vervulde lewe
Eleen Van Deventer Vorster
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.