Paasfees in Palestina
Paasfees in Palestina
Dis Paasfees in Jerusalem…
duiwe sing hul lentelied
in palms en olyfbome
langs die Via Dolorosa
tot by die Kruis van Golgota,
waar in die donker middernaguur
pelgrims vry kan word
met die aansteek van die Vuur
In Palestina is dit lente
waar papawers bloedrooi blom,
waar die “ster van Bethlehem”
Nazareners na die stal gelei.
Tussen ruïnes by die Gazastrook
waar lewerike broei
weergalm helder hulle lied
bo chaos en verdriet.
Hoe lank nog sal in Bethlehem
die Heilige Vuur se vlam nog skyn
eer dit verswelg word deur die drif,
die drang na mag en grondbesit?
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2018 - Paasfees projek