Oordenkingstyd
As ek kon, sou ek vanaand aan tafel sit
by ‘n oopgeslane boek
vol ongeskrewe woorde.
En huiwerig die spasies vul
(met pennepunt die skrifte krul)
soos iemand uit die vêr velede.
Geen hedendaagse helder lamp
sou aan plafonne hang
en by die warm vlam van paraffien
sou ek weer suiwer voel
en dieper sien
(als is aan mekaar verbonde – gisters, môre, hede).
En ek sou midde hierdie woordbreek uur
soetwyn uit ‘n beker drink,
die pase en die herfs oordink …
en lank vervloë wonde(rs)
oor die sye van leë blaaie vloei
in purper letters
wat deur ooptes tussen lyne bloei.
© Carma Shaw
12 April 2018
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2018 - Paasfees projek