N LEWENDE SPIKKELTJIE
‘N LEWENDE SPIKKELTJIE
‘n kosbare lewende spikkeltjie
net so klein soos ‘n mostert saadjie
met gemeenskap vorm die spermsel
bevrugting vind plaas in die eiersel
swangerskap vorm ‘n klein embrio
baarmoeder se golwe klink soos ‘n trio
moeder ontdek die wonder van haar fetus
swanderskap word jy bewus van die akardiakus
baba word gevoed deur die naelstring
bind ma en baba in eenheid saamgebring
het sy na haar baba op die sonar gestaar
en dra haar baba vir nege maande swaar
moeilik saam haar baba in pyn gebaar
so groot en tog wonderbaarlik kosbaar
bewonder haar pasgebore baba op haar skoot
moedersmelk maak haar baba groot
©Eleen van Deventer Vorster
Kopiregte voorbehou
29/05/2018
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2018 - Moeder projek