Jongste aktiwiteit:

ASIEL

ASIEL

Sommer net n son-verflenterde fraaiingdag vandag , Hero; enne… Vrouwees brand soos ‘n vagevuur binne-in my; daar ver en diep in die labrinte van my gees. Iewerster tussen Hemel en Hel waar my lyf (en my siel) en die verborge, onbevange misterie van my vrouwees asiel soek in die passie van die Vlam en die Vuur van my Messias – vlees en gees! Om liefde te maak in n realm; ‘n dimensie verby die begryp van n menslike verstaan; van volkome vrouweesgemaak.
…Om myself te gee in volkome offer en vleklose naaktheid – in roekelose bloedverbond van gees en vlees aan Gees en Vlees.

Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; mag die doef-doef van Sy hart vandag saggies met jou wees Slowdance.
©Liza Daniells




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed