Aphrodite
koersloos in ‘n reënboog
klop jou hart
teen my vas
jou stem dwarrel oor my-
fluister jou eie
hartelus
roosblare in koloriet
verlok my
vreugdelend
embrio van Aphrodite
flankeer vurig
onbeskaamd
tot vleiend begeerte
tifonies my
wese verraai
©adéle
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.