‘n Raaiselagtige vrou
ʼn Raaiselagtige vrou
Haar woorde is min
net haar dagboek weet waar het alles begin.
Waar ink op blaaie geheime besin,
is haar woorde in raaisels vir min gegun
Kinderlike vreugde skyn deur haar
met gedagtes wat sy soos goud bewaar,
haar hart bly maak beswaar
net gelukkiges sal haar kan verklaar
Blou oë blou soos ys
met liefde bou sy graag vir haar ʼn paradys
en sal gou na enige ander verhuis,
as die siel voel hy is tuis.
Liefde gee sy aan almal
dis hoe sy herinneringe versamel
altyd bly sy kalm
selfs storms kan om haar weergalm
Vredemaker sal sy bly,
al sal die wêreld terug baklei,
maar niks sal haar onderkry
dit is in haar glimlag wat jy die antwoord kry
Charnê Harding
10 Kommentare
-
-
charne
Baie dankie, ek sien uit, dit is vir my 'n ongelooflike leerproses.
-
-

Pendoring beoordelaar 2
Ek hou van die geheimsinnigheid Charne
-
charne
Dankie
-
-

Viooltjie
Goed geskryf, Charne :-)
-
charne
Baie dankie wardeer dit.
-

Francois Meyer
'n Teerheid in die misterie... Aangename kennis ☺
-
charne
Ek voel klaar so welkom dankie julle, kan nie wag om te begin.
-
-

Callie Vermeulen
Pragtig Charne... jou min woorde word eintlik soveel meer uit jou pen.
-
charne
Ek dink maak nie saak wat mens skryf nie, dit se altyd iets van die persoon. Baie dankie.
-
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig en aangename kennis Charne, mens kan die minsaamheid van jou menswees deur jou woorde voel en ervaar