Toere deur my hart
Stadig soos herfs blare val, of klippies deur die see sand maal
Tyd saam, soos die winter son se strale oor my sy hitte vorm
So toer ons lewens, en ons smart, en vorm daar ‘n mens se hart
Elke lag, en elke traan, sal tog ons as mens se harte bepaal
Finaal, soos die gordyn wat na ‘n toneel spel sak
Net so, is dit, wat ons sê en doen, genoeg, vir sёen, of doem
In een oomblik maak jy ‘n keuse, met invloed oor ‘n mens se wese
In hierdie wêreld waar ons bly, kies ons of ons mense bind, of bevry
Elke dag is vir ons ‘n toer, deur mense lewens, en mense harte
Almal weet waarheen hul wil gaan, maar moet soms self, ons roete baan
Dalk is die pad soms rof, en kaarte skeur, ons raak vol modder en stof
Soms verloor ons die rigting, of ons raak onklaar, en beland in gevaar.
Onthou net, daar kom ‘n tyd, waneer ons deur die reis se foto’s kyk
Wat gaan ons as mens dan sien, hoe was ons reis, en wie was saam
Het ons reisegers by gekry, of het party agter, in die pad gebly
Net jy kan jou foto’s neem, net jy besluit wie saam gaan ry
© Vossie
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2018 - OOP projek