konsentrasiekamp
vader, hoor daar
duiwel se geluide
slepende kettings
wat snags my hart verstil
moeder hoor daar
dood se voetstappe
marsjeer heen en weer
my maag stap saam
boetie hoor jy die wind
wat waai deur tentflappe
trek tog die kombers op
my nekkie vries en pyn
sussie voel jy nog seer
gaan vir mammie roep
hou net vas en bid
hou vas en lewe
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.