Esther
ek het vandag jou naam geskryf
– op Facebook
maar daarvan weet jy niks
destyds het niemand iets van Facebook af geweet nie
toe het ons op telefone gepraat
en ek wou jou nog bel om te sê:
as ons eendag oud is
gaan ons saam in koffiewinkels sit
en koek eet…
nou is ek agtien jaar ouer, jy is nog steeds twee en veertig
deesdae skryf ek gedigte
en sit alleen in koffiewinkels
(wie gee om)
my suster, soms dink ek nog aan jou
en vandag het ek jou naam op Facebook geskryf
– dit was ’n eerste
(onthou is die seerste)
© Carma Shaw
29 Julie 2018
13:22
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.