Jongste aktiwiteit:

Vyf klein klippies

Vyf klein klippies

Vyf klein klippies het van die klipkrans afgebreek
geval en gerol tot hulle in die droë lopie vassteek
word deur wind en weer stelselmatig verweer
terwyl reënwater hulle seisoenaal blink poleer.

Vyf klein klippies was vir eeue in die rivierbed rondgespoel
weggeslyt, verweer en gevorm vir een spesifieke doel
eendag kom ʼn jong seun in die rivierbed afgestap
hy het gebuk en vir iets spesiaal in die sand gekrap.

Vyf klein klippies gepoleer deur wind, weer, water en sand
lê blink, glad en amper perfek rond in die jong seun se hand
dan word hul versigtig gebêre in sy skaapwagtersak
terwyl die son warm vanuit die hemel op die aarde bak.

Vyf klein klippies opgetel deur ʼn seun
wat nie sy ore aan die vyand uitleen
maar rotsvas vertrou op sy God en Heer
standvastig in sy oortuiging dat net sy God regeer.

Vyf klein klippies het die seun wat kom moeilikheid soek
met die groot goddelose Goliat wat sy God durf vloek
ʼn dolk, ʼn spies en ʼn swaard is die wapens van die reus
maar een klein klippie tref hom effe bokant sy neus.

Vyf klein klippies is oor eeue heen verweer en verslyt
een word deur Dawid gebruik om die reus se aanval te stuit
en al die jare se pyn van verweer en glad poleer
word deur God gebruik om die vyand te keer.

Vyf klein klippies moet ons vandag laat verstaan
soms moet ons deur pyn en lyding se verweer gaan
maar as ons vas vertrou op ons God en ons Heer
word ons gevorm en poleer om oor ons vyand te regeer.

© Stephan Uys 2018/07/28




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed