
LIEFDESDANS
As die son sak in die weste
om my rivier in pienk te tooi
dan vlieg my hart deur die tralies
van my bors ver na die suiderland
opsoek na jou…
en dan sodra die maan se lig
die nag se sluier wegtrek
en ou Afrika se veld
in nuwe kleure baai
ontmoet hy jou net daar
waar vlaktes afsak langs
jou bruin rivier se walle
en twee harte bokspring guitig,
laggend saam en laat ons drome
afstande oorspan terwyl ons liefde
dans op sterre se musiek
om saggies inmekaar gevleg te rus sodra
die son sy baadjie uittrek
en die nuwe dag begin
© Anton Bosch 23/07/2018
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2018 – OOP projek