Nagtoneel (opdrag 4)
het ek my dalk dit bloot verbeel
– asof in ’n donker tafereel –
die vrou wat om die hoek verskyn
net voor sy in die nag verdwyn
haar hand nog rooi en ongewas
die hef wat in haar palm pas
die lag wat oor haar lippe speel
– asof in ’n donker tafereel
© Carma Shaw
30 Julie 2018
9:20
14 Kommentare
-
-

Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie
-

Driekie
Dis baie mooi, soos altyd uit jou pen.
-

Estelle
Ek hou hiervan Carma
-

Caren Kearley
Oh maar dis mooi.
-

Carin Erasmus
mal hieroor!!
-

Loretta Szikra
Pragtige spookstorie Carma en so mooi geskryf.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Callie Vermeulen
Pragtig Carma.