turkoois
wanneer die golwe deurskyn
sonstrale vroeg daardeur flonker
harders sigbaar in skole swem
dan is see op sy mooiste
wanneer golwe raas in die nag
lê opdrifsels hoog op teen strand
selfs dooie seeleeus soms
maak see homself skoon
wanneer golwe rasend bulder
sterk stormwinde daaragter
indrukwekkend neerploeg
wit-skuim-some op strand
vars see-reuke laat sout op my lippe
soos daardie eerste natsoen van liefde
suurstofryke seelug brand in my longe
brand herinneringe oop van die verlede
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.