Eerste liefde (Opdrag 7)
Kom proe die kleur van my vrugteboorde
waar hartsnare saam kan speel
soos water wat oor klippies kweel
drink ons ons liefdeswoorde
as ons lippe vlinder oor akkoorde
ons ons simfonie kan deel
waar ons liefde alles heel
verken ons saam vreemde oorde
die klinkende kleur van ons simfonie
breek in vervulling oop
deurdrenk ons met liefdes reën
luider dans ons melodie
in klanke van ‘n kaleidoskoop
word twee siele een
©Evanthe 2018
9 Kommentare
-

Callie Vermeulen
Sjoe Evanthe... pragtige gedig!
-

Alet
Mooi verwoord
-

Cornien
Pragtig!
-

Loretta Szikra
Waarlik n juweel Evanthe. 👌
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie