Reis na jou innerlike
Geniet die lewe met oorgawe en passie!
dit is kleurryk en laat jou glimlag skitter
vervul jou menswees in eie spasie
gooi weg al die bitter
En jou sagte siel
soos stukkies porselein
al is jy so baie keer verniel
streel Sy hande weg die pyn
In die ritme van my wees
‘n lewensboek met geen einde
sonder ongeloof of vrees
Gee U vir my lewe altyd nog ‘n rede
In Hom het ons ‘n vennootskap
om te heers in ons mede -koningskap
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2018 - Spyse vir die siel projek