
Latente lente
Waarom sou die Kaapse lente
hierdie jaar soos winter voel;
waarom sou sy plant en dier verkluim?
Dalk het sy ’n eed’le doel
wat sy verborge hou –
soos ’n verruklike, maar baie diep geheim.
Want tot dusver is die voorjaar
bloot canolageel karosse;
die son is net ’n silwer bal
wat êrens (verby flenterwolke)
deur die koue bloutes val.
En die lente hou haar asem op.
Sy dra ’n wit hoed op haar kransekop,
sy strompel tussen wingerd deur,
sy vly haar in ’n groen land neer.
Maar vlak skuil – onder winterrus –
haar blomhart in bont kleur gekus.
© Carma Shaw
16 September
22:26
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.